
Die Selfbeskikking Inisiatief van Suid-Afrika (SBSA) is ’n gemeenskapsinisiatief wat daarop gemik is om selfbestuur te vestig deur ’n stelsel soortgelyk aan die Switserse kantonmodel. Hierdie model stel gemeenskappe in staat om hul eie sake te bestuur — met respek vir kultuur, ekonomiese verantwoordelikheid en nasionale eenheid.
Om ’n vreedsame en volhoubare stelsel van plaaslike selfbestuur te vestig wat die beginsels van aanspreeklikheid, deursigtigheid en kulturele behoud handhaaf. Die aktiewe werwing van onafhanklike kandidate vir kies afdelings reg oor Suid Afrika.
Die adminisrasie van 'n Nasionale Register, om bevoegde kandidate, deur hul gemeenskappe in hul kiesafdelings gekies, in stand te hou vir insae deur die publiek.
• Vestiging van kantons/eie gebiede vir plaaslike bestuur.
• Bevordering van gemeenskaps-selfbeskikking binne die Grondwet.
• Bevordering van samewerking en verantwoordelike plaaslike regering.
• Handhawing van kulturele en taalverskeidenheid.
• Bevordering van maatskaplike stabiliteit en plaaslike ontwikkeling.
Die SBSA begin in Tshwane, Gauteng, as grondslag vir ’n nasionale Inisiatief . Fasering sluit in stigtingskomitees, registrasie by die OVK, en die vorming van proefkantons deur gemeenskapsdeelname